![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
![]()

![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
De OPNuwe Corolla 180i GSX 'n fees om te bestuur
220405
ONS het onlangs op Oudtshoorn gaan "fees" en die soontoe- en terugry, was ook 'n klein fees op sy eie. Met die soontoe het ons reeds 'n klein, gratis kultuurfees op 'n voorstoep van 'n kafee in Ladismith met Abraham de Vries beleef. Maar die ander deel van so 'n fees is die manier waarop 'n mens die gebeurtenis benader - en dit in 'n letterlike sin. Die feesreis was met 'n Corolla 180i GSX onderneem, die topmodel in hierdie gewilde reeks wat deur Toyota van Suid-Afrika plaaslik vervaardig word.
Hierdie Corolla met sy kragtige 1,8 liter enjin, gekoppel aan ?n effektiewe en doeltreffende outomatiese ratkas, is 'n goeie meganiese- en dinamiese kombinasie. Saam met sy Europese voorkoms en stilering, kon hy net sowel uit Duitsland as uit Japan gekom het.
Hierdie Corolla beskik oor die vereistes vir 'n luukse voertuig: die voorkoms is modern en maak 'n sterk stelling met die logo wat prominent in die sierrooster en enjinkap ingebou is, daar is méér as genoeg krag om vinnig te versnel en verby te steek en die binneruim getuig van goeie en smaakvolle afwerking in donker, gerookte hout. Suiwer op die oog af lyk hy goed.
Aan die agterkant is daar ook nuwe ligte aangebring, wat baie meer sigbaar is. Laasgenoemde is as 'n ekstra veiligheidsmaatreël ontwerp om groter sigbaarheid in swak lig te verseker. Hierdie veranderings is in pas met stilistiese veranderinge wat Toyota tans wêreldwyd toepas om hulle maatskappy-voorkoms eenvormig uit te dra.
Op die lang pad het die sitplekke (met leerbekleedsel) aan die bestuurder en al die passasiers voor en agter, die nodige steun op die regte plekke verleen om sonder lyfseer die Klein Karoo fees te geniet. Wat egter steurend op hierdie spesifieke motor was, was dat die ligte heeltemal te hoog gestel was en vir aankomende verkeer onaangeneem moes wees - te oordeel aan die aantal kere wat daar hoofligte vir my geflits is! Maar dit kan met 'n klein verstelling vinnig reggestel word.
Plek in die kattebak is meer as genoeg en boonop kan die agterste sitplekke vorentoe vou om die laairuimte te verdubbel.
Die Corolla is bestuurdervriendelik en die kontroles, knoppe en hefbome is almal duidelik gemerk en binne gemaklike afstand van die bestuurder sodat daar nie gerek en gestrek hoef te word nie. As iemand wat elke week of twee 'n ander motor bestuur, is die Toyota se uitleg goeie nuus en is dit nie nodig om eers die handboek te lees voor jy ry om te weet wat waar is nie. Daar is beslis baie waarheid daarin dat 'n mens 'n resep of 'n ding wat goed werk, nie sommer verander nie.
Standaardtoerusting
Standaardtoerusting op hierdie model is omvattend: klimaatbeheer, voorlaai-radio/CD- kombinasie wat meer as een CD kan neem, sentrale afstandbeheerde sluitstelsel, lugreëling, kragstuur en 'n immobiliseerder en twee lugsakke.
Die 1 794 cc enjin van die Corolla ontwikkel 100 kW teen 6 000 opm. ?n Heel bruikbare 171 Nm is teen 4 200 opm beskikbaar. Hiermee kan die outomatiese Corolla in nét meer as 10 sekondes vanaf 0-100 km/h versnel en 'n maksimum van rondom 200 km/h behaal - as as dit nodig sou wees.
Afhangende van toestande kan brandstofverbruik van tussen 8-10 liter per 100 km verwag word. Die ritrekenaar aan boord het 'n algehele gemiddeld van 9,5 liter/100 km aangedui - maar dit sluit ander joernaliste se, soms onhebbelike, rygewoontes in - wat ook soms uiterste verrigtingtoetse insluit.
Met en sonder vrag, hanteer die Corolla uitstekend; om draaie is daar min bak-rol en die suspensie is ferm genoeg om by die sportiewe karakter van die motor te pas.
Grondpaaie kan met groot vertroue aangepak word, sonder vrees van deurstamp.
Remme is, vanselfsprekend, met 'n ABS anti-blokkeerstelsel toegerus. Hierdie eienskap, tesame met lugsakke, is waarskynlik die belangrikste uitvindings van die einde van die vorige eeu en het al meer ongelukke verhoed, of lewens gered, as enige "Kom veilig tuis" veldtog.
Die Corolla 180i GSX verkoop vir R201 475 - wat 'n vyfjaar/90 000 km diensplan insluit. Hierdie plan dek alle voorgeskrewe onderhoudsitems in die Toyota "Lewensboek" en sluit onderdele en arbeidskoste in. Dit stel die koper in staat om sy verwagte onderhoudskostes oor die volgende paar jaar redelik akkuraat te voorspel - behalwe natuurlik die prys van petrol wat meer op - as af - gaan. Die standaard Corolla-waarborg geld natuurlik oor vir drie jaar, of 100 000 km, en sluit padbystand tydens die waarborgtydperk ook in.
Indien iemand - miskien ouer mense wat nie so erg op verrigting ingestel is nie - miskien die prys te hoog vind, is daar altyd die goedkoper outomatiese 1,6 liter weergawe teen R159 765. In sy prysklas bied hierdie model uitstekende waarde vir geld.
Toyota het natuurlik ook die voordeel dat hy waarskynlik die grootste aantal handelaars en dienspunte in ons land en sy buurstate het en is miskien die belangrikste rede om na die Corolla te kyk.
![]()
![]()
![]()
vorige deeltjes
http://ptaslowchat.tk
De code voor de op is hier te vindenChat on