Eigenlijk toch wel héél mooi dat Neder-Duits, en zo simpel
quote:
Petrol was nog nooit so duur nie
2011-10-29 00:00
Artikelopsies Deel Kry Die Burger op
Francois Williams
Kaapstad
Petrol sal van Woensdag af die duurste wees wat dit nog ooit in Suid-Afrika gekos het. Dit is ’n gevoelige slag vir motoriste met die Desember-vakansie om die draai.
Die prys sal met 23c per liter styg, wat sal beteken 93-oktaan gaan R10,60 per liter in Gauteng kos en 95-oktaan R10,47 aan die kus.
Die vorige hoogste petrolprys was in Julie 2008. Dit sal voortaan R120 meer kos as ’n jaar gelede om ’n motor met ’n petroltenk van 50liter vol te maak.
Waar R500 se petrol jou aan die einde van 2010 619km ver sou bring (gegewe ’n brandstofverbruik van 10 km per liter), sal dieselfde bedrag jou nou net 477km ver bring.
Dit is die vierde agtereenvolgende brandstofprysverhoging vanjaar. Behalwe vir Junie boer petrolpryse al sedert Mei bo R10 per liter. Ekonome het gister gesê die prys sou eintlik R11,60 moes gewees het as dit sedert 2008 streng volgens inflasie gestyg het.
Mnr. Tony Twine, ekonoom van Econometrix, het gesê Junie 2008 kan nie as ’n maatstaf gebruik word nie, omdat oliepryse destyds deur spekulante opgejaag is.
Die rand se swakker waarde teenoor die Amerikaanse dollar word as hoofrede vir die jongste styging gegee. Teenoor ’n jaar gelede sal petrol in November 30% meer kos en diesel 34% meer.
Twine het gewaarsku dat dit, tesame met hoër elektrisiteits- en voedselpryse, baie moeilik vir huishoudings, ondernemings en die regering sal wees om hul begrotings te laat klop omdat die hoër petrolprys deursyfer na verbruikersgoedere.
Hoewel verwag sou word die stygende brandstofpryse sal meer mense na goedkoper vervoer soos busse of treine dryf, het mnr. Mike Schüssler, ekonoom van Economists.co.za, gesê busroetes nie lei na waar mense wil wees nie en vat te lank.
Die vakbond Uasa, wat onder meer werkers in die vervoerbedryf verteenwoordig, het gister gewaarsku nie net motoriste nie, maar miljoene armes wat nie hul eie voertuie kan bekostig nie en openbare vervoer soos taxi’s moet gebruik, sal die gevolge van die verhogings aan hul sak voel.
Verbruikers bereik ’n versadigingspunt waar dit onmoontlik gaan raak om nog ’n sent uit hulle te wurg, het die vakbond gesê.
- Die Burger