quote:
Op woensdag 7 juli 2004 01:44 schreef BaajGuardian het volgende:
[..]
SINT ER KLAAS <<<<============
zeg dat even op zn amerikaans en je hebt santa claus.
daar stamt santa claus van af.
sorry dat ik het zeg.
Sinter Klaas - Kersvader
Sinter Klaas (oftewel Santa Claus) is tog sekerlik die vrolikste, onskuldigste mannetjie van die Kersseisoen. Daar is hy aangetrek in sy rooi pak met wit kraag, sy wit baard en baie Ho, Ho, Ho. Ek glo dat die Gees van Afsondering eerder sal Wee, Wee, Wee sê.
Hy word uitgebeeld met superkragte, hy kan regoor die wêreld beweeg in een nag, word deur klein elwe bedien, kom in jou huis om geskenke vir die goeie mense te bring en bly in die Noordpool.Hy word uitgebeeld as alwetend en alomteenwoordig. Hy is veronderstel om alles te weet en alles dop te hou. Is dit onskuldig genoeg?
Kom ons ontbloot hierdie mees godslasterlike kreatuur, want agter hierdie masker is Satan self. Die diepte van hierdie karakter alleen is ongelooflik, tog sal ons nou die ware gees agter kersfees sien. Twee persone is gebruik om hierdie karakter te skep genaamd Kersvader of Sinter Klaas.
Eerstens het ons Sint Nicolas, 'n biskop van die Roomse Katolieke Kerk van die vierde eeu, die beskermheilige van matrose, pandjiehandelaars en kinders. Tweedens het ons die Kersfees gees van 'n moedswillige, middeleeuse karakter wat vrolikheid, dronkenskap en brassery aangemoedig het. Kom ons kyk nog dieper. Wat jy nou gaan sien is nie toeval of geluk nie. Dit pas te goed. Dit is te goed beplan, bedink en verdoesel vir die normale oog. Kom ons kyk na die naam SANTA CLAUS, dit word nie net in die VSA gebruik nie maar is wêreldbekend.
SANTA - deur net een letter te skuif word dit SATAN! Dis reg, die duiwel self. Is dit nie ongelooflik nie? Toeval? Nie nadat ons reeds al die ander dinge van Kersfees gesien het nie! Hoe kom hy in die huis? Af, deur die swart skoorsteen tot in die VUUR!!
CLAUS - hier kruip die naam LUCAS weg. Lucas is die grondwoord vir die naam LUCIFER! Weereens die duiwel self. Kyk net! SANTA CLAUS is SATAN LUCIFER. Wil jy DIT werklik probeer weg redeneer?
Satan is die teenstander van die Koninkryk van God, en Lucifer se naam beteken "Ligdraer". Paulus waarsku ons om nie mislei te word nie want Satan kan homself verander in 'n engel van lig. In Jesaja 14:12-17 het ons die geskrewe verslag van Satan se val in die hemel. In sy rebellie teen die gesag van God het hy ook gerebelleer teen die Woord van God. Dink jy enigsins dit is nie ook nou sy doel nie? Hy weet dat rebellie teen die Woord van God ewige vedoemenis inhou en dit is hoekom Kersfees so goed vermom is.
Julle kan nie van die beker van Here drink en van die beker van duiwels nie - 1Kor 10:21. Die beker van die duiwels is Saturnalia - Kersfees, die beker van Jahweh is Sy Woord! In Jesaja sien ons Lucifer wil sy troon bokant die van God plaas. Waar sit Kersvader gewoonlik? Op 'n troon!! Lucifer sê op die berg van gode in die noorde! Kersvader se blyplek is die Noordpool!
In die Skandinawiese lande is die naam vir Kersvader, Kris Kringle en deur interpretasie beteken dit SEUN VAN GOD. Kom tog Kinder van God!! Hoe uiters godslasterlik kan dit nog word? Gaan jy nog steeds hierdie geweldadige aanslag van belastering teen die heilige Naam en karakter van Messias J’shua aanvaar deur dit eenvoudig te probeer ignoreer of nog erger, te verdedig?
Elke jaar kry Satan dit reg om as "Seun van God" geëer te word in die geestelike wêreld. Ons behoort hierdie dag Kersfees) ten sterkste af te keur en te verdoem. Mag God ons in ons onkunde help en bystaan, en meer nog vir diegene wat kies om dit nog steeds te eer en erken. Vir die wêreldling is dit niks. Vir 'n Kind van God behoort dit 'n gruwel te wees. Kom ons ontwaak tot die geregtigheid van God. Waar ons nou na die einde kom, kan ons duidelik sien hoe geslepe en subtiel Satan is. Genesis 3:1 sê die slang was listiger as al die diere in veld. In 2Kor 11:3 sê Paulus: "Maar ek is bang dat julle gedagtes weggelei sal word van die onverdeelde en suiwere toewyding aan Messias, net soos Eva verlei is deur die listigheid van die slang."
Alles wat Satan doen is direk teen die gesag van God en alles wat hy doen is godslasterlik teen die heilge Woord van God. Satan se hele doel is om die Bloed van die Lam, Messias J’shua, onder sy voete te vertrap. 'n Laaste saak van Kersvader - die kleure! Moenie dink jy kan sê ons glo nie aan hom nie en daarom is dit goed genoeg om dit te gebruik nie! Jy mis die hele punt as dit jou gedagtegang is.
Die kleure: Rooi en Wit. Jesaja 1:18-20: "Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sê Jahweh: Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol. As julle gehoorsaam wil wees, sal julle die goeie van die land eet, maar as julle weier en opstandig bly, sal die swaard julle eet, want dit is Jahweh wat dit gesê het."
Wat sal dit tog neem om mense te laat verstaan van die geweldige misleidding en godslastering wat agter alles is? Wat gaan dit neem om Leraars van God sover te kry om die Waarheid te leer aan die kudde van God? Onthou, ons praat van die gees agter Kersfees. Hierdie is die ware gees agter Kersfees en daar is net GEEN manier waarop ons die wortels van hierdie demoniese, onheilige, ongoddelike, perverse, vuil instelling kan neem en verander in iets skoon, suiwer en heilig nie!
Daar is net geen manier waarop ons die boosheid kan verduidelik of weg redeneer nie en dit is 'n groot jammerte dat ons Messias J’shua se naam daaraan koppel. Ons word opgeroep om die vrugtelose werke van die duisternis te ontbloot en nie daaraan deel te neem nie - (Efe 5:1-11) en slegs as Wedergebore Kinders van God begin om standpunt in te neem en gehoorsaam te wees sal die wêreld aandag gee. Hou op om dit te bedek en te verdedig. Hou op om mense wat die Waarheid van God verkondig uit te skel as Farriseërs en wetties. Van wanneer af is gehoorsaamheid aan heiligheid, wetties? God sê in Levitikus 19:2 "Wees heilig, want Ek Jahweh julle God is heilig". Verduidelik Asseblief, ek is oop vir kommentaar.
Jy en ander wat hierdie stuk lees moet nou tot 'n besluit kom. Is jy geestelik gebou op die verordeninge van mense - Mat 16:1-13 of gaan jy jou geestelike lewe bou weg van die Waarheid? Of gaan jy op die Rots, Messias J’shua, die Waarheid bou?
Hoe jammer dat daar weer hierdie jaar kerke sal wees wat kersbome, kripuitbeeldings en ander valse leringe hul gemeentes sal instuur. As al die groot kerke in die VSA en die RSA sê dit is goed en daar is niks verkeerd om hierdie dag te onderhou nie want ons weet wie ons aanbid, wie is ek om jou te keer! Al wat ek hierop kan antwoord is dit:
"Die profete gee voor dat hulle in My Naam optree, maar Ek het hulle nie gestuur of beveel nie, Ek het nie eens met hulle gepraat nie. Dit is gesigte wat nie bestaan nie, nuttelose waarsêery, dit is bedrog wat hulle versin wat hulle vir julle aanbied as woorde van profete. - Jeremia 14:14
Kersfees is 'n valse gesig en en vol waarsêery. Kersvader -Santa Claus - Satan / Lucifer!! Die rebellie na die noorde (Jes 14) en hy kom van die Noordpool. Die kleure ROOI en WIT wat godslasterlik teen die Woord van God en die verlossingswerk van Messias J’shua is. Kyk net weer na die volgende:
Die mens wat nie die Gees van God het nie, aanvaar nie die dinge van die Gees van God nie. Vir hom is dit onsin. Hy kan dit ook nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel moet word." - 1 Korintiërs 2:14
Daar is slegs een waarheid in Kersfees: dit het absoluut NIKS met Messias J’shua te doen nie! Niks met die Vader, die Seun of die Gees van Afsondering nie! Ongeag wat jy ookal sê, jy kan dit nie verander nie! Dit is 'n vreemde vuur voor God! Moenie dat mense jou intimideer nie. Baie sê dinge uit onkunde. Dit is waarom die waarheid nou gepraat word. Dit is my gebed dat alle manne en vroue van God wat sê hulle is deur God geroep om te leer, die waarheid aan hulle gemeentes, deur God aan hulle toevertrou, sal leer. Ek bid dat alle leraars en ouderlinge sal opstaan in die gemeente en sê:
"My liewe broers en susters, ek het die waarheid gehoor en wat my en my huis en my gesin betref, ons sal Jahweh dien en nie aan hierdie heidense, misleidende fees weer deelneem nie!"
http://ware-verbond.port5.com/kersfees1.htmSanta’s Claws Revealed
--------------------------------------------------------------------------------
What we know of The Monster:
It dresses in blood red.
It is immortal, as far as we know.
It only appears at night, flying through the air with horned beasts at Its command.
It uses some unknown sorcery to infiltrate billions of homes in one night.
It is not afraid of fire or heat (in chimneys, for instance) or cold for that matter.
It has beady, coal-black eyes (all pupil, maybe, or perhaps insect-like).
Its bloated midsection wiggles like gelatin (an undead substance made of decaying animal parts).
It is sometimes called "Old Nick" (which pretends to refer to St. Nicholas, but is really a nickname [ETP] of the Devil).
Its name is an anagram of Satan(SANTA) Lucas(CLAUS), which sounds very sinister to me ("the Light of Satan"?).
It spreads Its message of greed and gluttony on the very eve of the celebration of Christ’s birth.
Indeed, many children believe in Satan Lucas many years before ever learning of the "true meaning of Christmas", and even then the "true meaning" is largely ignored, and the evil rites are passed on to another generation.
Dit is een stukje uit een David Icke's boek wat ik even vertaald heb. Het is al laat, dus de vertaling is niet super.
"Sint Nicolaas is een oud Pagan verhaal en hij droeg een groen pak. Het was Coca Cola die hem een rood pak gaf en in een grootschalige reclame campagne en werd bekend als Santa, een anagram van Satan.
Het rode costuum spreekt voor zichzelf, rood is de kleur voor de entry into the astral planes. Rood is de kleur die door de Goddes gebruikt wordt gedurende reptilian rituelen voor het inroepen van astrale entiteiten.
Natuurlijk leeft Santa op de noorpool, wat een ingang is tot de onderwereld en de ondergrondse reptilians. De slee en de rendieren symboliseren het voertuig om daar binnen te komen. Kinderen worden geadviseerd om santa een snack achter te laten, dat representeerd een sacrificial offering to a powerful god.
Alle grote symbolen van kerstmis, inclusief de boom, komen van pagan festivals."
http://www.occultebooks.com/essays/fb/festive.htmhttp://www.nohoax.com/pg%20santa%20satan%20claus.htmhttp://www.angelfire.com/mn/discernment/santa.htmlhttp://www.star-notes.com/
The Irish Massacre was incited by the Jesuits on October 23, 1641, the feast day of Ignatius Loyola, and lasted until Oliver Cromwell landed in Drogheda in 1649 to put an end to it.